Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen
wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy
Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur
Hom gered kan word.
Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is
alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
(Joh.3:16-18).