NG Kerk Umhlanga

wie is ons

Wie is Ons?

Die gemeente se visie is: Om in Jesus se voetspore te volg. Wanneer ons dit vir mekaar sê, onthou ons Jesus se woorde in Mat 16:24 en 25: "As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem..."
stap met ons

Stap met Ons

1 Joh 5:13; Hierdie brief skrywe ek vir julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. Kom stap saam in Jesus se Voetspore by NG Gemeente Umhlanga...
waardes

Waardes

Umhlanga handhaaf die volgende waardes: Die tien gebooie is die riglyn waarvolgens ons ons lewens inrig. Dit gaan nie oor die letter van die wet nie maar soos Jesus dit saamvat in Mat 22 wanneer Hy leer dat...

Die Seun van God

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. (Joh.3:16-18).

Seun van Die Mens

Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: "Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?" Hulle antwoord: "Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete." "Maar julle," het Hy gevra, "wie, sê julle, is Ek?" Simon Petrus het geantwoord: "U is die Christus, die Seun van die lewende God." "Gelukkig is jy, Simon Barjona," het Jesus vir hom gesê, "want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is. (Matt.16:13-17).