Skenk Met Zapper

Elektroniese Inbetalings

Absa Bank
Ned Geref Gemeente Umhlanga
Rek nr: 560 580 975 (Tjekrekening)
Takkode: 632005

Kontak Vorm

captcha
  • Voer die kode in die voorsiene spasie in.
  • Die kode is hooflettergevoelig.

Wie Is Ons

Wie Is Ons?

Die gemeente se visie is: Om in Jesus se voetspore te volg. Wanneer ons dit vir mekaar sê, onthou ons Jesus se woorde in Mat 16:24 en 25: "As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry."

Om in Jesus se voetspore te loop beteken ons is 'n Liefdesgemeenskap, 'n Geloofsgemeenskap en 'n Verkondigingsgemeenskap. Ons het God en ons naaste en die wêreld lief. Ons glo in Jesus en in die almag van God. Ons verkondig Jesus se liefde en genade aan die wêreld.

Waardes

Umhlanga handhaaf die volgende waardes: Die tien gebooie is die riglyn waarvolgens ons ons lewens inrig. Dit gaan nie oor die letter van die wet nie maar soos Jesus dit saamvat in Mat 22 wanneer Hy leer dat ons God bo alles moet liefhê en ons naaste soos onsself. 1 Kor 13 leer ons hoe hierdie liefde in die praktyk lyk en ons streef daarna dat hierdie liefde in ons gesien kan word.

As geloofsgemeenskap aanvaar ons die 12 Artikels as die kernwaarhede wat ons geloof verwoord. Dit is ook ons droom dat elke lidmaat die vrug van die Gees sal dra soos dit in Gal 5:22 beskryf word nl liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.