Blog

2de Week in Advent

2de Week in Advent

Date: 2021-12-05

In die 202-vertaling is die opskrif by hierdie perikoop “Dankgebed”. Paulus deel met die gemeente wat met hom gebeur wanneer hy aan hulle dink: Hy dank God “elke keer” (v3). Elke gebed vir hulle het altyd spesifieke eienskappe. Eerstens bid hy met blydskap oor wat hierdie gelowiges vir sy bediening in God se diens beteken. Hulle het “van die eerste dag af tot nou” (v5) aan die evangelie deelgeneem. Hulle is dus sy deelgenote.