Blog

7de Week na Epifanie

7de Week na Epifanie

Date: 2022-02-20

1 Korintiërs 15: 35-38, 42-50

Paulus argumenteer oor die liggaamlike opstanding deur die metafoor van “saai en maai” te gebdruik. Wat gesaai word, sterf eers in die grond en word dan opgewek. Daar is ‘n kontinuïteit tussen die saad en die plant wat uiteindelik lewe toon. Die saad wat gesaai of begrawe word, verander in ‘n lewende plant. So verander God elke liggaam wat sterf. Die liggaam sal opgewek word, maar in ‘n nuwe vorm (geestelike liggaam). Net soos die aardse en geestelike liggame van mekaar verskil, verskil die aardse liggame (mense) ook van mekaar wat vorm en karakter betref.