Blog

6de Week in Paastyd

6de Week in Paastyd

Date: 2022-05-22

Openbaring 21 : 10; 21:22—22:5

Johannes beskryf ‘n visoen van die heilige stad, Jerusalem. Hierdie visioen probeer nie die werklikheid weergee nie. Johannes gebruik eerder die beeld van die stad om vir die lesers te verduidelik hoe hulle lewe op aarde én in die hemel behoort te lyk. Reeds in hfst 18 word God se volgelinge(’n lewendige, veilig en oorvloedige stad) met die Romeinse Ryk(’n vuil, immorele stad) vergelyk. Die lesers moet ’n keuse maak tussen Rome(wat uiteindelik sal vergaan) en God se stad, waar hulle uiteindelik sal woon, al kry hulle nou swaar.