Blog

Eerste week in Lydenstyd

Eerste week in Lydenstyd

Date: 2019-03-10

Lukas 4 : 1-13

Die verhaal van Jesus se versoeking in die woestyn staan aan die begin van Lukas se vertelling oor Jesus se bediening, asook aan die begin van die Lydenstyd-siklus van die kerkjaar. Vers 1-2a lei die verhaal in, terwyl vers 2b –12 Jesus se drievoudige versoeking (v2b-4, 5-8, 9-12) beskryf. Vers 13 sluit die verhaal af, maar sò dat lesers reeds die Satan se latere hernude teenkanting teen Jesus in Lukas 22:3 antisipeer: “Die Satan het in Judas, wat Iskariot genoem is en een van die twaalf was, ingevaar” Die verhaal handel oor Jesus se mensheid én sy Goddelike Seunskap.