Blog

Derde week in Koninkrykstyd

Derde week in Koninkrykstyd

Date: 2019-06-30

Galasiërs 5:1, 13-25

Galasiërs 5 weeg as’t ware twee werklikhede teenoor mekaar op. Die wet van Moses bring onderwerping en slawerny, terwyl Christus vryspraak bring. Die gemeente is onseker in watter werklikheid hulle behoort te leef, Paulus sê die waarde lê daarin dat ons vry is. Die ware werklikheid lê in Christus se vryspraak. Niks wat ons doen, kan vir ons die waarde of betekenis gee wat Christus reeds vir ons gegee het nie. Die balans tussen Vryheid en gehoorsaamheid was ‘n balans waarmee die gemeente destyds gesukkel het, soos ook ons vandag.