Blog

Vierde week na Epifanie

Vierde week na Epifanie

Date: 2021-01-31

Markus 1: 21-28

Jode wat vêr van Jerusalem af gebly het, het gereeld onderrig ontvang deur leermeesters wat in dorpe aangekom het, soos Jesus en die dissipels wat hier in Kapernaum aankom. Hulle kon op uitnodiging in die sinagoges optree. Jesus gebruik hierdie geleentheid om die mense te leer. Sy lering verstom hulle. Markus se klem op die mense se verbasing en ook op die onrein geeste wat Jesus gehoorsaam, dui op Jesus se mag. Hier word die klem veral geplaas op Jesus se gesag—wat van God afkom – waarmee Hy die mense onderrig.