Blog

Tweede week in Lydenstyd

Tweede week in Lydenstyd

Date: 2021-02-28

Genesis 17 : 1—7, 15—16

Hierdie gedeelte is ‘n hoogtepunt in die Abraham verhaal, met God se beloftes sentraal daarin. Wanneer God vir Abram sê om sy land te verlaat, belowe Hy dat Abram ‘n groot nageslag sal hê en dat sy nasate ‘n seën vir alle nasiessal wees. God herhaal sy belofte nadat Abram ‘n kind by Hagar verwek. God sluit weer ‘n verbond, nou met Abram én Sarai. Die woord “verbond” kom 13 keer in dié hoofstuk voor. Vers 1 leer ons hoe om in God se verbond met Hom te leef: “Lewe naby My en wees opreg!” Getrouheid in die verhouding met God (vanuit die nuwe identiteit) staan sentraal.