Blog

Tweede week na Epifanie

Tweede week na Epifanie

Date: 2019-01-20

1 Korintiërs 12 : 1-11

In die laaste hoofstukke van 1 Korintiërs hanteer Paulus sake rondom die aanbidding en bymekaarkom van gelowiges. In dié spesifieke verse lê Paulus klem op die eenheid van die werk van die Heilige Gees onder gelowiges. In sy opnoem van al die gawes is die duidelike refrein:

“dieselfde Gees”. Die “afsonderlike gawes” is dan ook gegee tot “voordeel van almal”. Die Heilige Gees wat kragtig op verskillende maniere gawes tot opbou van gelowiges skenk, is die Een wat dit vir ’n gelowige moontlik maak om te bely: “Jesus is die Here”