Blog

Vierde week in Paastyd

Vierde week in Paastyd

Date: 2021-04-25

Johannes 10 : 11—18

Die Johannes evangelie is gevul met “Ek is”-uitsprake van Jesus. Hier stel Jesus Homself bekend as die goeie Herder. Hierdie uitspraak kom van binne die konteks van Jesus se konflik met Joodse leiers, wat in die vorige hoofstuk die blinde man vir wie Jesus genees het, uit die sinagoge geban het. Jesus stel Homself bekend as die ware Herder wat bereid is om sy lewe vir sy skape af te lê. Die godsdiensleieres het nie regtig omgegee of hulle hulle taak uitgevoer het nie (sien Eseg 34), maar Jesus maak in liefde bymekaar en pas op. Hierdie “skape” word ook ingetrek in die wederkerige liefdesverhouding tussen die Vader en die Seun.