Blog

Derde week in Paastyd

Derde week in Paastyd

Date: 2021-04-18

Lukas 24 : 36b – 48

Dit is die laaste van drie opstandingsverskynings in Lukas (24: 1- 12—aan die vroue; 24: 13—35 – aan die Emmausgangers ; 24: 36-49—aan die dissipels). Al drie episodes beklemtoon die noodsaaklikheid van Jesus se lyding en sterwe deur die gebruik van die emfatiese dei (“dit moet”). Die opstanding na Jesus se lyding en sterwe is God se reddingsplan, nie iets anders nie. Lukas se afsluiting vertel van Jesus se Hemelvaart, waarna die dissipels Hom aanbid en in Jerusalem op die koms van die Heilige Gees wag; (v 49 kyk vooruit na die uitstorting van die Heilige Gees; sien Hand 1: 4-8; 2:33)