Blog

Pinksterfees

Pinksterfees

Date: 2021-05-23

Esegiël 37:1—4

Esegiël is saam met Juda in ballingskap in Babilonië, ‘n groot eksistensiële krisis vir die Jode. In 586 vC is die tempel en Jerusalem vernietig en die room van die volk weggevoer na ‘n ver land. Hulle het gedink hulle gaan sonder God. Die volke het geglo dat die een wat die oorlog wen se god die sterkste is, dus moet Marduk van Babel sterker wees as Jahwe van Israel. Kan of wil God nog help? Die ballinge het hoop en moed verloor vir ‘n toekoms. Binne hierdie magetloosheid ontvang die profeet hierdie visioen van God wat lewe gee.