Blog

1ste Week in Koninkrykstyd

1ste Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-05-30

Johannes 3: 1—17

Nikodemus, ‘n Fariseër, besoek Jesus in die nag. Hy wil nie hê ander Fariseërs moet hom by Jesus sien nie, maar hy stuur ook nie iemand anders met sy vrae na Jesus toe nie. Hy wil eerstehands by Jesus leer. Later sal Nikodemus wel openlik vir Jesus getuig. Nikodemus wil meer oor die koninkryk van God leer. Hy hoor hy moet deur die Gees gebore word om deel te hê aan God se koninkryk. Hierdie wedergboorte is ‘n gawe van die Gees. Ons beheer nie die werk van die Gees nie (die wind waai waar hy wil). Hy werk op onvoorspelbare maniere