Blog
3de Week in Koninkrykstyd
3de Week in Koninkrykstyd
Date: 2021-06-13
1 Samuel 15:34—16:13
1 en 2 Samuel vorm saam een sentrale verhaal oor drie karakters: Samuel, Saul en Dawid. 1 Samuel fokus op Saul as die eerste koning van Israel. Alhoewel dinge belowend begin, rafel Saul se karakter al hoe meer uit. Saul maak ‘n klomp verkeerde keuses wat ‘n hoogtepunt bereik in 1 Samuel 13 en 15. Hy kies om direk teen God se wil op te tree. In teenstelling met die mislukte karakter van Saul, word Dawid aan ons voorgestel as die nuwe koning oor Israel wat gesalf word.