Blog

4de Week in Koninkrykstyd

4de Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-06-20

1 Samuel 17:(1A, 4-11, 19-23) 32-49

1 en 2 Samuel vertel die verhaal van Israel se verenigde koninkryk (1020—922vC). Hierdie week se fokusteks is deel van die groter geheel (1 Sam 16-2 Samuel 8) wat van die salwing van Dawid en sy magsopkoms vertel. In hoofstuk 11-31 neem die spanning tussen Saul en Dawid toe. In hoofstuk 16—18 word vertel van Dawid aan Saul se hof (16:14-23), Dawid se botsing met Goliat (17:1-54), hoe

Dawid in Saul se diens gestel is, asook van Dawid se huwelik met Saul se dogter, Mikal (17:55 –18:30).