Blog

6de Week in Koninkrykstyd

6de Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-07-04

Markus 6: 1-13

Die Markusevangelie volg Jesus se bediening en lewe vanaf sy tuisgebied in Galilea tot in Jerusalem waar Hy gekruisig word en uit die dood opstaan. ‘n Sentrale vraag wat Markus stel is: Wie is Jesus? Regdeur Markus se Evangelie sien ons telkens dat Jesus mense konfronteer en die goeie nuus van God se Koninkryk met hulle deel. Alhoewel talle tot geloof kom en Jesus as hulle Verlosser aanneem, is daar ook diegene wat skepties is en ander wat Jesus as die Messias heeltemal verwerp