Blog

7de Week in Koninkrykstyd

7de Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-07-11

Efesiërs 1: 3-14

In sy preekstudie oor hierdie teks verwys Martin Laubscher na dié bekende lang sin in die oorspronklike teks van die Bybel. Hy raai ons aan om nie sonder meer te brom oor die lang en grammatikaal ingewikkelde sin nie, maar ons eerder te verwonder aan die kaleidoskopiese skouspel, panoramiese uitsigte en wonderlike elsatisiteit van wat dit beteken om “in Christus” (v 3, 4, 7, 11, 13) te wees. Dit gaan net oor God. Ons is van God, deur God, voor God en vir God. Wie oor God wil praat, veral lofprysend met God wil praat, kan eintlik net só praat. Die evangelie is beweeglik en weerbarstig.