Blog

11de Week in Koninkrykstyd

11de Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-08-08

Efesiërs 4: 25—5 : 2

As jy net oppervlakkig na die vermanings in Efesiërs 4:25—5:2 kyk, en jy vergelyk dit met “goeie deugde”-lysies van ongelowiges, kan jy die fout maak om te dink dis grootliks dieselfde. Delf ‘n bietjie dieper en jy ontdek die motiewe, die redes waarom Paulus gelowiges maan om sekere dinge te doen (of nie te doen nie) Dan besef jy opnuut: vir gelowiges draai alles om die selfopofferende liefde van God in Christus