Blog

12de Week in Koninkrykstyd

12de Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-08-15

Efesiërs 5: 15— 21

Die kern boodksap van Efesiërs 5:15-21 lê in die opdrag: “Laat die Gees julle vervul” (v18). Vir Paulus is vervulling met die Heilige Gees die begin van ‘n wyse, verstandige lewenswandel (v 15-18). Wanneer mense onder beheer van die Gees leef, ontstaan daar die behoefte om voor God te buig in gesamentlike aanbidding (v 19-20). Asook die gewilligheid om mekaar te dien en aan mekaar onderdanig te wees (v21)