Blog

16de Week in Koninkrykstyd

16de Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-09-12

Jakobus 3:1-12

Jakobus fokus op die dade wat op geloof volg. In hierdie deel van die brief staan hy stil by die mag van die tong en hoe ons ons tonge behoort te beheer. Jakobus gebruik verskeie beelde om sy lesers te herinner aan wat die tong kan doen. Die tong verwys ook na ons omvattende kommunikasievermoë; deesdae kommunikeer ons op baie maniere,. Verder vermaan hy dat ons nie ander moet leer voordat ons nie ons eie tong onder beheer het nie. Jy kan jouself ewe goed motiveer en ontmoedig. Net so ook ander mense. Jy kan as’t ware ‘n wêreld skep met jou tong.