Blog

17de Week in Koninkrykstyd

17de Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-09-19

Jakobus 3:13—4:3 , -8A

Jakobus daag sy leser uit om deur hulle lewenswyse en hulle dade te bevestig dat hulle in Christus glo en volgens sy wet van liefde leef. Gelowiges wat nié leef vanuit die wysheid wat van Bo kom nie - ‘n Ou-Testamentiese konsep wat in die Nuwe Testament met die Heilige Gees vereenselwig word—leef in gedurige onderlinge onmin en stryd, wat klaarblyklik juis die geval is onder die ontvangers van Jakobus se brief.