Blog

22ste Week in Koninkrykstyd

22ste Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-10-24

Psalm 34: 1-8(19-22)

Die boek Psalms verteenwoordig grootliks die menslike kant van die God-mensdialoog. Dit plaas rou en verwarrende uiterstes van die menslike lewe in

stilistiese raamwerke om gedeelde ervaring in geloofstaal te giet. Die openingsverse(v 2-9) van Psalm 34 het kenmerke van ‘n danklied; danksegging dui gewoonlik op ‘n spesifieke gawe van God. Hierdie verse bevat ‘n persoonlike getuienis van redding uit moeilike omstandighede. Die getuienis word afgewissel met oproepe aan ander om op die Here te vertrou en by die pasalmdigter in lofbetuiging aan te sluit.