Blog

21ste Week in Koninkrykstyd

21ste Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-10-17

Markus 10: 35-45

Die sitplek aan iemand se regterhand is die ereposisie. In hierdie stadium het die dissipels nog ‘n verkeerde verwagting van wat Jesus op aarde kom doen het. Hulle is nog onder die indruk dat Jesus ‘n aardse koninkryk gaan kom vestig, en in daardie koninkryk wil Johannes en Jakobus belangrike posisies hê. Daarna verklaar die twee dat hulle ook bereid is om ter wille van Jesus te ly. Jakobus het wel ‘n martelaarsdood gesterf, en waarskynlik is hierdie Johannes die een wat verban is. (Op 1:9). Verder roep Jesus die dissipels op tot diens, soos Jesus die voorbeeld gestel

het.