Blog

24ste Week in Koninkrykstyd

24ste Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-11-07

Rut 3: 1-5; 4: 13-17

Dis belangrik om Rut te lees teen die agtergrond van wat dit beteken het om ‘n weduwee in Bybelse tye te wees. Omdat die samelewing patriargaal gestruktureer was, het Naomi en Rut nie sosiale status as weduwees gehad nie en was hulle ekonomies kwesbaar. Daar het ‘n sterk moontlikheid bestaan dat hulle vir die res van hulle lewe arm sou wees. Om dinge erger te maak was Rut ‘n Moabiet, nie ‘n Israeliet nie. Juis om hierdie redes dat Rut en Boas se verhaal so treffend is.