Blog

25ste Week in Koninkrykstyd

25ste Week in Koninkrykstyd

Date: 2021-11-14

1 Samuel 1 : 4-20

In hierdie gedeelte kom twee belangrike temas van die Ou Testament voor, naamlik; kinderloosheid en God wat lewe skenk. In die Ou-Testamentiese wêreld is die vrou se waarde bepaal deur haar kinders. Kinderloosheid was ‘n skande. Ons sien dit in die manier wat die offerstelsel kinders beloon het en hoe Hanna gespot is. Alhoewel Hanna se man lief was vir haar, het sy na ‘n kind gesmag. Haar gebed kom dan ook uit haar diepste wese uit. God is die Een wat lewe skenk waar daar nie lewe is nie.