Blog

Sewende week na Epifanie

Sewende week na Epifanie

Date: 2019-02-24

Lukas 6: 27-38

Lukas se weergawe van die Bergrede is méér direk en uitdagend. Dit nooi die leser uit na ’n lewe wat die waardes van hulle dag op die kop keer: vyande word bemin, ons gee sonder voorbehoud en veroordeel nie. Die motivering vir hierdie optrede en manier van lewe vind ons in die idee dat ons God se manier van doen reflekteer. Ons armhartigheid reflekteer God se barmhartigheid en dring deur elke aspek van ons daaglikse lewe.