Blog
Sesde week na Epifanie
Sesde week na Epifanie
Date: 2019-02-17
Lukas 6: 17-26
Matteus 5 bevat Jesus se "Bergrede". Lukas 6 bied die parallelle "Veldrede". Dit begin met die saligsprekinge.
Die Jode van die eerste eeu het baie vertroue in die wette geplaas, in 'n "regte" manier van lewe. Hulle was oortuig juis dit sou hulle redding beteken. Jesus draai egter hulle verwagtinge van die wêreld. Lukas het "n besonderse fokus in sy Evangelie: dat ons vir arm mense en randfigure sal sorg Ons hoor dié fokus ook in hierdie saligsprekinge.