Blog

3de Week na Epifanie

3de Week na Epifanie

Date: 2022-01-23

Psalm 62: 5-12

Die Psalmdigter bevind hom in ‘n situasie waar mense wat eens sy vriende was nou sy vyande en vervolgers geword het en sy lewe bedreig. Hy is ontnugter en verward. Binne hierdie benoude omstandighede vind dié biddende digter egter redding–wat bemoediging, rus sekuriteit, troos en vertroue insluit—by God. Die lewe is geen selfhelpprojek vir hierdie bidder nie; hy weet waarheen, na wie, om te draai in sy diepste nood.