Blog

4de Week na Epifanie

4de Week na Epifanie

Date: 2022-01-30

Jeremia 1: 4-10

Die roepingsverhaal van Jeremia vind plaas binne ‘n spesifieke historiese konteks. Jeremia se roeping is in die begin van ‘n moeilike 40 jaar van profeet wees binne ‘n traumatiese tyd in Judas se geskiedenis. Dit kulmineer in die val van Jerusalem en die tempel in 587 vC. Die jong Jeremia voel nie opgewasse vir die taak nie, maar God belowe dat Hy by Jeremia sal wees en hom sal bewaar. God sal diegene wat Hy kies, oppas. In vers 10 word ses dinge genoem wat Jeremia se toekoms beskryf, vier van vernietiging (uitruk, afbreek, ten gronde gaan, platslaan) en twee van hoop (bou en plant).