Blog

2de Week in Lydenstyd

2de Week in Lydenstyd

Date: 2022-03-13

Psalm 27

Hierdie Psalm openbaar ‘n realisme oor menswees en ‘n oproep tot geloofinsig. Dankbare vergenoegdheid oor die lewensreis beteken nie alles het net goed gegaan nie. Vir Dawid, die psalmdigter, is die lewensritme eerder soos ‘n pendulum wat heen en weer swaai. Hy skryf in een psalm oor geloof in God en die invloed wat hierdie pendulum-lewe op sy vertroue in God het. In vers 1-6 oorheers die element van sekerheid. Dawid weet in wie hy glo. Hy twyfel nie in die een aan wie hy behoort nie; daarom stel hy sy vertroue volkome in die Here.