Blog

3de Week in Lydenstyd

3de Week in Lydenstyd

Date: 2022-03-20

Lukas 13: 1—9

Bekering is ‘n prominnente term in die hele Lukasevangelie. Vanaf Lukas 9:51 tot 19:28 kry ons Lukas se sogenaamde reisverhaal waarin hy vertel van Jesus en sy disippels se reis vanaf Galilea na Jerusalem. Die spanning in dié vertelling neem toe, en daarmee saam ook die dringendheid om te bekeer. In Lukas 13: 1-9 is die oproep tot bekering baie duidelik.