Blog

4de Week in Paastyd

4de Week in Paastyd

Date: 2022-05-08

Openbaring 7 : 9—17

Hierdie perikoop is deel van die sewe seëls wat oopgemaak word(6:1—8:1) Tussen die sesde en die sewende seël van oordeel is daar ‘n “onderbreking” (7:1-17) waartydens die gelowiges eers van hulle verlossing, beskerming en toekoms verseker word. Dieselfde patroon geld vir die sewe trompette. Voor die sewende trompet is daar ook ‘n “onderbreking” (10:1-11:19) waartydens gelowiges bemoedig en van hul verlossing verseker word. In Openbaring 7 bestaan die tussentoneel uit twee gedeeltes: Vers 1-8 beskryf simbolies (die getal 144 000) die bewaring van die volle Getal gelowiges; vers 9-17 kyk vanuit ’n ander hoek na die “groot menigte” (v9) wat die vervolging deurgemaak het.