Blog

3de Week in Paastyd

3de Week in Paastyd

Date: 2022-05-01

Openbaring 5:11-14

Openbaring is deur die eeue heen dikwels verkeerd gelees en toegepas. Lesers is geneig om dit te beskou as voorspellings van dinge wat nog moet gebeur. Daaruit vloei spekulasie Voort oor alles wat in plek moet val voordat die Here weer kom. Eintlik gaan Openbaring oor wat reeds in Christus gebeur het. Dit is apokaliptiese literatuur, krisisliteratuur, wat geskryf is om mense in moeilike omstandighede te laat vashou aan wat God reeds bepaal het. Openbaring verkondig die Lam wat reeds op die troon sit en Christus wat die oorwinning behaal het. Die kerk word genooi om te leef vanuit die sekerheid dat die einde klaar bepaal en goed is.