Blog

Week na Pinksterfees

Week na Pinksterfees

Date: 2022-06-05

Psalm 104:24-34, 35b

Psalm 104 is ‘n aangrypende lofsang van ‘n persoon wie se oë oop is vir die wonderlike rykdom van die skepping. Hy besing God se heerlikheid op ‘n veelkleurige manier. Sommige meen dit is digterlike kommentaar op die eerste hoofstuk van Genesis. Die Psalmdigter besing God se grootheid, majesteit en soewereine heerskappy. Hy gee aan God die eer vir sy skepping, voorsienigheid en die oorvloed van sy handewerk. Hy prys God as God van die natuur.