Blog
2de Week in Koninkrykstyd
2de Week in Koninkrykstyd
Date: 2022-06-16
1 Konings 19 : 1—4, (5-7), 8—15
Hierdie teksgedeelte beskryf ‘n gesprek tussen Agab en Isebel. Agab vertel vir Isebel dat Elia “al die profete met die swaard doodgemaak het” (v 1) Agab se mededeling het onmiddelike gevolge: “Toe Agab vir Isebel vertel…. stuur Isebel ‘n boodskapper na Elia” (v 1-2) Isebel se daadwerklike optrede het Agab waarskynlik verras. Haar boodskap aan Elia is duidelik ‘n oorlogsverklaring en ‘n uitdrukking van kragdadige optrede: “Mag die gode my swaar straf as ek nie more teen hierdie tyd jou lewe maak soos die lewe van een van hulle nie” (v 2)