Blog

4de Week in Koninkrykstyd

4de Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-07-03

2 Konings 5 : 1—14

Een van die hooftemas in die Koningsverhaal is dat God aan die werk is ondanks Israel se ongehoorsaamheid. In 2 Konings 5 word lesers met ‘n abnormale verskynsel gekonfronteer: God werk deur die vyand. Die Aramese bevelvoerder speel nie net ‘n sentrale rol in die verhaal nie; ons lees ook dat God deur hom oorwinning aan die vyand gee. Die herinner ons dat God enige persoon tot sy eer kan gebruik en dat mensgemaakte grense Hom nie inperk nie.