Blog
5de Week in Koninkrykstyd
5de Week in Koninkrykstyd
Date: 2022-07-10
Lukas 10 : 25 -37
Dié vertelling staan redelik vroeg in Lukas se sogenaamde reisverhaal, wat in Lukas 9:51 begin. Op 'n wetgeleerde se vraag aan Jesus volg 'n fassinerende interaksie, asook een van Jesus se bekendste gelykenisse-die bramhartige Samaritaan. Die fokusteks daag ons uit om geen grense te stel aan ons deernis met ander nie, en om daadwerklike liefde te bewys.