Blog

10de Week in Koninkrykstyd

10de Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-08-14

Lukas 12 : 49 - 56

In hierdie gedeelte word dit duidelik dat die evangelie en die navolging van Jesus tot onderlinge verdeeldheid kan lei-selfs in jou familie. Daar is ook 'n sterk boodskap dat die vuur van oordeel kom om ons bewus te maak daar-van, dat ons nie onsself kan red nie-slegs God kan ons red. Die vuur moet juis kom om ons menslike behoefte aan sekerheid te verwoes. Ons moet alle sekerheid in God plaas.