Blog

9de Week in Koninkrykstyd

9de Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-08-07

Lukas 12 : 32 - 40

Jesus onderrig die skare en sy dissipels op pad na Jerusalem. Ons fokusteks begin met: "Moenie bang wees nie" Dit wys terug na vorige verse waar Jesus die mense bewus gemaak het daarvan dat Hy die natuur versorg en bewaar. Hierdie woorde nooi ons uit om op God te vertrou en na diegene in nood om te sien. Die gedeelte oor waaksaam-heid is 'n volgende gedagte. Ons vind hier 'n omkeer van rolle met Jesus wat die waaksame en ywerige dienaars bedien-diegene wat steeds besig was al was die eienaar afwesig. Jesus se woorde skep verwagtings rondom die aard van dissipelskap. Die temas in hierdie verse is God se versorging, ons versorging en ander en die uitleef van ons roeping(in afwagting)