Blog

13de Week in Koninkrykstyd

13de Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-09-04
Jeremia 18: 1-11

In hierdie boek spreek Jeremia as profeet God se oordeel oor Israel uit. Die volk het die pad byster geraak en van God af weggedraai. Jeremia waarsku dat Israel se optrede gevolge sal hê en dat hulle as gevolg van hulleongehoorsaamheid deur d Babiloniërs in ballingskap weggevoer gaan word. Die profeet verkondig egter nie net oordeel nie, maar ook die hoop dat die volk na die Here sal tergudraai om die katastrofe van ballingskap vry te spring. Ongelukkig verwerp Israel se korrupte leiers Jeremia se boodskap en die nasie kom tot ?n val.