Blog

14de Week in Koninkrykstyd

14de Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-09-11

Jeremia 4: 11-12, 22-28

Jeremia tree vir 40 jaar as profeet op tydens ?n traumatiese tyd in Juda; ?n tyd van oorlog en opstand wat op die vernietiging van Jerusalem en die tempel in 587 vC uitloop. In Jeremia 4 praat God deur die profeet met die volk. Jeremia moedig die volk aan om na God toe terug te keer. In vers 22-28 kry ?n mens as?t ware die omkeer van die skepping(Gen 1), ?n terugkeer na wat woes en leeg en sonder lig is. Jeremia interpreteer die agteruitgang van Juda vanuit die perspektief van God se oordeel.