Blog

16de Week in Koninkrykstyd

16de Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-09-25

Jeremia 32: 1- 3A, 6-15

Hierdie verhaal speel af kort voor die aanbreek van die tweede Babiloniese ballingskap. Die profeet Jeremia is ingeperk, maar dit verhoed hom nie om God se boodskap van transformasie en sy beloftes te ontvang nie. Hy begin selfs daarop reageer. Jeremia is van Anatot afkomstig. Die mense van Anatot wou hom al om die lewe bring oor sy profesieë. Daarom is dit vir Jeremia 'n plek van gevaar en verwerping . Ganamel, wat Jeremia oortuig om grond te koop, verbind Jeremia se verlede met die toekoms. Die kooptransaksie het dus 'n beweging vanafverwerping na behoort tot gevolg.