Blog

15de Week in Koninkrykstyd

15de Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-09-18

Jeremia 8: 18? 9:1

Wessel Wessels fokus in sy preekstudie oor Jeremia 8: 18? 9:2 op drie aspekte van die teks: (1) die rede vir Babilonië se vernietiging en besetting van Jerusalem, (2) die spreker aan die woord in die teks, en (3) die beeld van God. Die konteks van Jeremia 8 is die Babiloniese weermag wat Jerusalem inval. Drie maal in ons teksgedeelte word die rede vir die Babiloniese aanval verskaf; die volk se sonde (8:19b, 22; 9;2b). Israel het gesondig en God straf haar deur middel van die Babiloniërs. Laasgenoemde sou later ook nie oorgesien word nie.