Blog

21ste Week in Koninkrykstyd

21ste Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-10-23

Lukas 19 : 1-10

Jesus is op pad na Jerusalem(Luk 9:51-19:28) om gevange geneem(22:54) en uiteindelik gekruisig te word(23:33). Nadat Hy vir ?n derde keer sy naderende dood aangekondig het(18:33), beweeg Hy deur Jerigo na Jerusalem en bring tyd langs die pad deur om eers die blinde man te genees. (18:42) Toe Jesus Jerigo binnegaan, merk Hy ook vir Saggeus in ?n wildevyeboom op en kondig aan: ?Ek moet vandag in jou huis oorbly?(19:5) Die mense kritiseer Jesus omdat Hy hom met Saggeus wat volgens hulle ?n sondige mens is, assosieer.