Blog

22ste Week in Koninkrykstyd

22ste Week in Koninkrykstyd

Date: 2022-10-30

Lukas 20 : 27-38

Sadduseërs verskil van Fariseërs in die sin dat hulle nie in die Opstanding glo nie. Hulle word ook gekenmerk aan alles wat hulle ontken (soos die Opstanding). Hulle lees slegs die Pentateug(die eerste vyf boeke in die Bybel) en die Tora (die wet), terwyl die Fariseërs die Profete en die Psalms ook lees. Dit is juis in die Profete en Psalms waar die beskouing oor en verstaan van die Opstanding uit die dood ontstaan het. Die Saduseërs raak hier in ?n argument met Jesus betrokke met die doel om Sy leerstellings in twyfel te trek.