Blog

Derde week in Lydenstyd

Derde week in Lydenstyd

Date: 2019-03-24

Jesaja 55 : 1-9

Ons tref die Israeliete in die middel van hul ballingskap aan. In Jesaja 40—55, ’n belangrike onderafdeling van die boek, het die profeet die taak om sy gehoor anders te laat kyk na die situasie. God is besig om te red. Hulle moet die gebeure raaksien vir wat dit is: deel van God se groter plan van redding en geregtigheid. Jesaja het God se redding uit Babilonië vanaf hoofstuk 40 aangekondig. Nou voeg hy by: God red julle nie net nie, God seën julle ook oorvloedig. Vroeër was God toornig oor die volk se sonde. Nou gaan Hy hulle seën.