Blog

Vierde week in Lydenstyd

Vierde week in Lydenstyd

Date: 2019-03-29

Lukas 15 : 1-3, 11b-32

Die gelykenis van die verlore seun is een van drie gelykenisse in Lukas 15 wat oor iets handel wat weggeraak het en weer gevind is(skaap, muntsuk en jongste seun) Die konteks van al drie is Jesus se woorde in vers 1-3, waar die tempelleiers kla omdat Jesus met die verkeerde mense meng. Jesus wil hulle deur die gelykenisse herinner aan die blydskap van God oor diƩ wat gevind is. Hy konfronteer hulle met hul gebrek aan vreugde.