Blog

Derde Sondag in Advent

Derde Sondag in Advent

Date: 2022-12-11

Derde Sondag in Advent

Op die derde Sondag in Advent fokus ons op die lewe en werk van Johannes die Doper.

In die tronk is hy self nie seker dat Jesus die langverwagte Messias is nie.

Hy mag egter nie twyfel nie, want die tekens van die koninkryk van God is aan die deurbreek en duidelik sigbaar (Matt 11:2-12).

Mense moet moed skep en diensbaar wees, want God se koninkryk bring vreugde en blydskap (Jes 35:1-10).

Hy is die almagtige Skepper.